
leesD!t
Sep 2 @ 11:00 AM - 12:00 PM SAST
|Recurring Event (See all)
An event every week that begins at 11:00 AM on Fri, repeating indefinitely

leesD!T – ‘n Informele platform waar lesers en skrywers ontmoet! Salomè, Stefaans en Louise hoop om boeke van, nie net ou gevestigde skrywers nie, maar ook nuwe debuutskrywers na jou toe te bring deur resensies, boekgesprekke en skrywersonderhoude. leesD!T poog nie net om skrywers en hulle boeke te ondersteun nie maar om ‘n stem vir ons lesers te gee sodat ons kan verseker almal wil graag aanhou lees vir generasies vorentoe. Skakel elke Vrydag om 11uur in sodat ons jou kan vertel wat dit is wat jy die naweek moet lees!