leesDit – Fridays @ 15:00

‘n Informele platform waar lesers en skrywers ontmoet! Salomè, Stefaans en Louise hoop om boeke van, nie net ou gevestigde skrywers nie, maar ook nuwe debuutskrywers na jou toe te bring deur resensies, boekgesprekke en skrywersonderhoude. leesD!T poog nie net om skrywers en hulle boeke te ondersteun nie maar om ‘n stem vir ons lesers te gee sodat ons kan verseker almal wil graag aanhou lees vir generasies vorentoe. Skakel elke Vrydag om 11uur in sodat ons jou kan vertel wat dit is wat jy die naweek moet lees!

Salomé Kotze

Deeltydse omroeper by Life Fm. Joernalis, fotograaf en redakteur van Klerksdorp Record koerant. Leser van misdaad, gruwel en spanningsverhale in fiksie en nie-fiksie, asook biografieë en werklike lewensdramas. Motiverende en historiese boeke in Afrikaans en Engels.

Stefaans Coetzee

Skrywer, vryskut resensent en Christelike motiverings spreker. Leser van alles waarop hy sy hande kan lê maar veral misdaad in Afrikaans en Engels.

Louise van der Merwe

Skrywer van romantiese fiksie, Christelike spreker en deeltydse omroeper by Life Fm. Leser van enigiets romanties, sielkundige rillers asook fantasie verhale. Christelike fiksie en nie-fiksie en dagstukkies in Engels en Afrikaans.

Content on Demand