Willie Henning – ‘Pitstop met God’ Thursdays @ 13:00 

Gaan dan heen en maak dissipels van al die nasies (Mat 28:19), maak mense dissipels van Jesus Christus en leer hulle. Wat ’n eenvoudige opdrag, maar wat ’n verantwoordelikheid. Sedert die Here my siel gered het, nou bykans 32 jaar gelede, was dit die taak wat God my opgelê het om te arbei vir die Here en dit bly nog steeds my passie na al die jare.

Daarom toe Life FM my die geleentheid bied om ’n  bydrae te lewer, het ek dit met albei hande aangegryp, want nou kan jy arbei oor grense heen, kultuur en selfs van kerk. Juis in die krisistyd van die COVID-19 Pandemie grendel tyd het God hierdie bediening kragtig gebruik en kon mens die impak beleef wat die Woord van God vandag nog in mense se lewens het. Want vir soveel luisteraars het Life FM die rol vervul van die kerk, het sy deur bemoediging en gebed en natuurlik die lekker saamsing met geestelike musiek, maar ook om te weet jy is nie alleen nie en dat God nog omgee en lief is vir die mens en dat Hy Sy doel in ons lewens wil bereik.

Daarom is dit vir my as Leraar by die Agapé Gemeente te Potchefstroom ’n groot voorreg om saam met die Life Fm span te arbei en is dit my begeerte dat Life FM van krag tot krag sal groei en sodoende ook hulle groot roeping te volbring.

Most Popular

Pitstop Met GOD

Terwyl ons almal op die renbaan van die lewe is, is dit noodsaaklik dat ons gereeld ‘n Pitstop moet nakom anders is die kanse goed ons haal nie die wenpaal nie.
Dit is juis tydens die program ‘n Pitstop met God waar ons maar die moue oprol en seker maak dat ons aandoen vir die nodige instandhouding, maar ook daardie bekragtiging van die Heilige Gees.
Ons gesels dan openhartig en gee praktiese raad van hoe ons hierdie wedren kan voltooi, om sodoende ‘n plek op die rostrum te kan behaal.
ONTHOU ONS LEUSE: WAAR DIE TEKKIE DIE TEER TREF, DAAR MOET ONS JESUS UITLEEF!

Content on Demand