Petro Kotze-Odendal

Stories van Hoop – Mondays @ 12:00

Oral om ons is daar hopeloosheid en onregverdigheid. Of, so lyk dit. Maar as ons net ons harte en ore oopmaak is daar oral stories, ware verhale van mense en wat God se ingryping in hul lewens kom doen het. Stories van Hoop is n program waar gewone mense buitengewone stories vertel van die wonder van hul lewens. Hoe God alles ten goede kan laat meewerk. Elke keer.

Lewe in Oorvloed – Tuesdays @ 20:00                             

Waar die Woord van God reguit gesny word. Sodat jy geestelik kan groei. Relevante preke vir tye van vrae, krisisse en hooploosheid. Om weer hoop te bring.

Pastoor Petro Kotze Odendaal is die stigter en Pastoor van Voetlig Bedieninge. Omdat sy self uit ‘n huis kom met baie gebrokenheid, omdat haar pa ‘n alkoholis en psigopaat was, en sy ook uit ‘n eerste huwelik kom met ‘n man wat vroeg gesterf het, as gevolg van ‘n klomp seer foute weet sy dat daar so baie mense is wat hoop nodig het. Sy is die afgelope ses jaar by Life FM betrokke en staan veral vir die geestelike bemagtiging van hulle wat gekonfronteer word met die donker van die lewe. Sy leer hierdie mense om nie te bly in hul gebrokenheid nie, want daar is hoop, ‘n toekoms in Christus Jesus.