Woema Woensdag

Woensdae @ 16:30

Woema Woensdag het onstaan weens ons dogter Riana Hohls se keuring op die kortlys van die motorfiets tv program Woema. Life FM het haar toe genader om ‘n middag drive show te doen en Woema Woensdag is gebore. Ek het net ingegaan om haar uit te ondersteun en het per ongeluk (As daar so iets met die Here se werk is) na ‘n paar weke saam met haar agter die mikrofoon beland. Die inslag was ‘n potpourri, bietjie motorsport, flieks, musiek en relevante onderwerpe van bespreking. Na 2 jaar moes Riana weens verpligtinge met haar kinders smiddae Woema Woensdag vaarwel toeroep en het die uwe alleen agter gebly. Dit is toe dat die radio gogga my wederhelf Charlotte gebyt het en sy agter die mikofoon ingeskuif het..en hier is ons nog steeds en ons fut is nog lank nie uit nie.

Smitty en Charlotte Fourie

Ons beskou Life FM en die Woema Woensdag drivetime show as ‘n gedeelte van ons bediening, iets wat die Here oor pad gebring het. Ons is sedert 1992 al wedergebore en nog altyd besig met koninkrykswerk tot eer van Jesus. Ons is passievolle bikers en vir meer as 20 jaar al betrokke in motorfietsbediening en tans ook betrokke by die Bikerkerk en Herlewingsentrum gemeente. Beide van ons is al amper 50 jaar woonagtig in Klerksdorp en dis ons tuiste en ons mense. Ons strewe daarna om ‘n lewendige verhouding met ons luisteraas te kweek en geniet elke interaksie baie. Ons glo om dit te doen wat ons hand vind om te doen en is lief vir God. Alles tot Sy eer.
BACK TO PRESENTERS
LifeFM
"Changing the atmosphere"
Website developed by Glowlight Software CC
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram