Download our App

We are proud to announce that our App is available on the Google Play Store and on the Apple Istore.

 

Events

5 November 2021 | Skole

Ons kuier by Laerskole Saamtrek en President saam met die volgende skrywers:
Hannes Barnard
Constant van Graan
Fanie Viljoen
Cecilia Steyn

5 November 2021 | Gala-aand

Gala aand vanaf 18H00 tot 21H00

Kaartjies kos R600 vir die aand. Let asseblief daarop dat daar net ‘n beperkte aantal sitplekke beskikbaar is. Hierdie is ‘n formele geleentheid waartydens lesers saam met verskillende skrywers aansit vir ‘n “uit die boeke” drie gang maaltyd. Tydens en na die maaltyd, is daar ‘n uitsonderlike geleentheid om saam met verskillende skrywers te kuier.

Een getekende boek van elk van die skrywers wat die SANCTUARY BOEKFEES gaan bywoon, gaan ook die aand opgeveil word. Alle fondse is ten bate van #LEEFLIEFDE.

Ingesluit by die kaartjie is gratis toegang tot die SANCTUARY BOEKFEES by die SANCTUARY. Ons eie voormailge mej Wereld, Rolene Strauss, stel haar boek ‘Herontdek jou selfvertroue: sewe stappe na ‘n nuwe jy’ bekend.

6 November 2021 | Feesdag

Hierdie is die groot dag van ons Boekfees! Ons begin 10H00 tot 17H00 met ‘n propvol program. Verskeie gesprekke gaan met van die skrywers gevoer word. Daar gaan verder regdeur die dag geleentheid wees om in die rustige atmosfeer van die tuine van die SANCTUARY, op ‘n heerlike informele manier saam met jou gunsteling skrywers te kuier. Ons nooi jou ook uit om van hierdie geleentheid gebruik te maak om nuwe skrywers te ontmoet en om nuwe vriende te maak.

Weens Covid 19 reëls, sal daar ongelukkig beperkte toegang wees. Ons het dit daarom goed gedink om ‘n vooraf bespreekte toegangsfooi van slegs R20.00 te hef. Hierdeur sal jy verseker dat jou toegang tot hierdie besondere fees verseker is. Alle ekstra fondse gaan ten bate van #LEEFLIEFDE, ‘n organisasie waar ons nie net Liefde praat nie, maar Liefde op ‘n praktiese manier leef.